YouVersion Logo
Search Icon

LUKAS 18:1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8

LUKAS 18:1 AFR83

Jesus het vir hulle 'n gelykenis vertel om duidelik te maak dat 'n mens altyd moet aanhou bid sonder om moedeloos te word.

LUKAS 18:2 AFR83

Hy het gesê: “In 'n sekere stad was daar 'n regter wat geen eerbied vir God of agting vir 'n mens gehad het nie.

LUKAS 18:3 AFR83

En in dieselfde stad het 'n weduwee gewoon wat hom herhaaldelik kom vra het: ‘Doen aan my reg in my saak teen my teenparty.’

LUKAS 18:4 AFR83

'n Tyd lank wou hy nie, maar later het hy vir homself gesê: Vir God het ek wel geen eerbied nie, en aan 'n mens steur ek my nie

LUKAS 18:5 AFR83

maar aangesien hierdie weduwee so aanhou om my lastig te val, sal ek haar in haar regsaak help, anders kom klap sy my op die ou end ook nog.”

LUKAS 18:6 AFR83

Toe sê die Here: “Hoor wat sê die onregverdige regter.

LUKAS 18:7 AFR83

Sal God dan nie aan sy uitverkorenes, wat dag en nag tot Hom roep, reg doen nie? Sal Hy hulle lank laat wag?

LUKAS 18:8 AFR83

Ek sê vir julle: Hy sal hulle help, en gou ook! “Maar sal die Seun van die mens by sy koms nog geloof op die aarde vind?”

Free Reading Plans and Devotionals related to LUKAS 18:1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8