LUKAS 15:1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10
LUKAS 15:1 AFR83
Die tollenaars en sondaars het almal die gewoonte gehad om na Jesus te kom luister.
LUKAS 15:2 AFR83
Hierteen het die Fariseërs en die skrifgeleerdes beswaar gemaak en gesê: “Hierdie man ontvang sondaars en eet selfs saam met hulle.”
LUKAS 15:4 AFR83
“Sê nou een van julle het honderd skape en een van hulle raak weg. Wat doen hy dan? Hy laat die nege en negentig in die veld staan en gaan agter die een aan wat weg is, totdat hy hom kry.
LUKAS 15:6 AFR83
As hy by die huis kom, roep hy sy vriende en bure bymekaar en sê vir hulle: ‘Wees saam met my bly, want ek het my skaap wat weg was, weer gekry.’
LUKAS 15:7 AFR83
Ek sê vir julle: Net so sal daar ook in die hemel blydskap wees oor een sondaar wat hom bekeer, eerder as oor nege en negentig mense wat reg doen en nie bekering nodig het nie.”
LUKAS 15:8 AFR83
“Of watter vrou wat tien silwermuntstukke het en een raak weg, steek nie 'n lamp op en vee die huis uit en soek sorgvuldig totdat sy dit kry nie?
LUKAS 15:9 AFR83
En as sy dit kry, roep sy haar vriendinne en buurvroue bymekaar en sê: ‘Wees saam met my bly, want ek het my geld wat weggeraak het, weer gekry.’
LUKAS 15:10 AFR83
Ek sê vir julle: Net so is daar blydskap onder die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer.”