YouVersion Logo
Search Icon

JOHANNES 7:45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53

JOHANNES 7:45 AFR83

Daarna het die wagte na die priesterhoofde en die Fariseërs toe teruggegaan, en dié het vir hulle gevra: “Waarom het julle hom nie gebring nie?”

JOHANNES 7:46 AFR83

Die wagte het geantwoord: “Nog nooit het iemand gepraat soos hierdie man nie.”

JOHANNES 7:47 AFR83

Die Fariseërs sê toe vir hulle: “Is julle tog nie ook mislei nie?

JOHANNES 7:48 AFR83

Het een van die lede van die Joodse Raad miskien in hom geglo, of een van die Fariseërs?

JOHANNES 7:49 AFR83

Nee, dit is net hierdie vervloekte klomp mense wat nie ons wet ken nie!”

JOHANNES 7:50 AFR83

Nikodemus, wat voorheen na Jesus toe gekom het en wat een van hulle was, sê toe vir hulle

JOHANNES 7:51 AFR83

“Volgens ons wet kan ons mos nie sommer iemand veroordeel sonder om eers sy kant van die saak te hoor en vas te stel wat hy doen nie.”

JOHANNES 7:52 AFR83

Hulle sê toe vir hom: “Jy kom tog nie ook van Galilea af nie? Ondersoek die Skrif en jy sal sien dat God niemand wat uit Galilea kom, as profeet roep nie.”

JOHANNES 7:53 AFR83

Hierna is hulle elkeen na sy huis toe