YouVersion Logo
Search Icon

JOHANNES 6:61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71

JOHANNES 6:61 AFR83

Jesus het vanself geweet dat sy dissipels hieroor mor, en Hy sê vir hulle: “Skrik dit julle af?

JOHANNES 6:62 AFR83

Wat dan nog as julle die Seun van die mens sien opvaar na waar Hy voorheen was?

JOHANNES 6:63 AFR83

Dit is die Gees wat iemand lewend maak; die mens self kan dit nie doen nie. Wat Ek vir julle gesê het, kom van die Gees en gee lewe.

JOHANNES 6:64 AFR83

Maar daar is party van julle wat nie in My glo nie.” Jesus het immers van die begin af geweet wie dit is wat nie glo nie, en wie dit is wat Hom sou verraai.

JOHANNES 6:65 AFR83

Verder het Hy gesê: “Daarom het Ek vir julle gesê niemand kan na My toe kom as die Vader dit nie aan hom gegee het nie.”

JOHANNES 6:66 AFR83

Hieroor het baie van sy dissipels omgedraai huis toe en nie meer saam met Hom gegaan nie.

JOHANNES 6:67 AFR83

Toe vra Jesus vir die twaalf: “Wil julle nie ook weggaan nie?”

JOHANNES 6:68 AFR83

Simon Petrus het Hom geantwoord: “Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde wat ewige lewe gee.

JOHANNES 6:69 AFR83

En ons glo vas en ons weet dat U die Heilige van God is.”

JOHANNES 6:70 AFR83

Jesus het daarop vir hulle gesê: “Het Ek nie self julle twaalf uitgekies nie? En een van julle is 'n duiwel!”

JOHANNES 6:71 AFR83

Hy het Judas die seun van Simon Iskariot bedoel, want hy sou Hom verraai, hy wat een van die twaalf was.