YouVersion Logo
Search Icon

JOHANNES 1:2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34

JOHANNES 1:2 AFR83

Hy was reeds in die begin by God.

JOHANNES 1:3 AFR83

Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie 'n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie.

JOHANNES 1:4 AFR83

In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense.

JOHANNES 1:5 AFR83

Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie.

JOHANNES 1:6 AFR83

Daar was 'n man wat deur God gestuur is. Sy naam was Johannes.

JOHANNES 1:7 AFR83

Hy het gekom om te getuig; hy moes getuig van die lig, sodat almal deur hom tot geloof kon kom.

JOHANNES 1:8 AFR83

Hy was self nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.

JOHANNES 1:9 AFR83

Die ware lig wat elke mens verlig, was aan kom na die wêreld toe.

JOHANNES 1:10 AFR83

Hy wás in die wêreld – die wêreld het deur Hom tot stand gekom – en tog het die wêreld Hom nie erken nie.

JOHANNES 1:11 AFR83

Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie.

JOHANNES 1:12 AFR83

Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.

JOHANNES 1:13 AFR83

Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van 'n mens of die besluit van 'n man nie, maar hulle is uit God gebore.

JOHANNES 1:14 AFR83

Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.

JOHANNES 1:15 AFR83

Johannes getuig van Hom en roep uit: “Dit is Hy wat ek bedoel het toe ek gesê het: Hy wat ná my kom, is my vóór, want Hy was voor my reeds daar.”

JOHANNES 1:16 AFR83

Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang.

JOHANNES 1:17 AFR83

God het die wet deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.

JOHANNES 1:18 AFR83

Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, dié het Hom bekend gemaak.

JOHANNES 1:19 AFR83

Die Jode het priesters en Leviete van Jerusalem af na Johannes toe gestuur om hom te vra: “Wie is jy?” Toe het hy hierdie getuienis afgelê

JOHANNES 1:20 AFR83

en dit duidelik en ondubbelsinnig gestel en openlik verklaar: “Ek is nie die Christus nie.”

JOHANNES 1:21 AFR83

Hulle vra hom toe: “Wie is jy dan? Is jy Elia?” “Nee, ek is nie,” sê hy. “Is jy dan die Profeet?” “Nee!” het hy geantwoord.

JOHANNES 1:22 AFR83

“Nou maar wie is jy dan? Ons moet 'n antwoord gaan gee aan dié wat ons gestuur het,” sê hulle vir hom. “Wat het jy oor jouself te sê?”

JOHANNES 1:23 AFR83

Hy antwoord toe: “Ek is die een wat in die woestyn roep: Maak die pad vir die Here reguit.” Dit is soos die profeet Jesaja gesê het.

JOHANNES 1:24 AFR83

Daar was Fariseërs onder dié wat gestuur is

JOHANNES 1:25 AFR83

en hulle het vir hom gevra: “Nou maar waarom doop jy dan as jy nie die Christus is nie en ook nie Elia nie en ook nie die Profeet nie?”

JOHANNES 1:26 AFR83

Johannes het hulle geantwoord: “Ek doop met water, maar tussen julle staan daar Iemand vir wie julle nie ken nie.

JOHANNES 1:27 AFR83

Dit is Hy wat ná my kom, wie se skoene ek nie werd is om los te maak nie.”

JOHANNES 1:28 AFR83

Dit het oorkant die Jordaan in Betanië gebeur, waar Johannes besig was om te doop.

JOHANNES 1:29 AFR83

Die volgende dag sien Johannes vir Jesus na hom toe kom. Hy sê toe: “Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!

JOHANNES 1:30 AFR83

Dit is Hy wat ek bedoel het toe ek gesê het: ‘Ná my kom daar 'n Man wat my vóór is, want Hy was voor my reeds daar.’

JOHANNES 1:31 AFR83

Ek het self ook nie geweet wie Hy is nie, maar ek het gekom en ek doop met water sodat Hy aan Israel bekend gestel kan word.”

JOHANNES 1:32 AFR83

Verder het Johannes getuig: “Ek het duidelik die Gees soos 'n duif uit die hemel sien kom, en Hy het op Hom gebly.

JOHANNES 1:33 AFR83

Ek het self ook nie geweet wie Hy is nie, maar God wat my gestuur het om met water te doop, het vir my gesê: ‘Die Een op wie jy die Gees sien kom en bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop.’

JOHANNES 1:34 AFR83

Ek het dit self gesien en daarom getuig ek: Hy is die Seun van God.”