en vir Moses gesê: “Vat Aäron se kierie, dan maak julle twee die volk daar by die rots bymekaar. Jy moet daar voor hulle almal met die rots praat, dan sal daar water uit die rots uitkom. Die water wat daar uitkom, sal genoeg wees vir hulle en hulle vee om van te drink.” Moses het toe die kierie wat in die tabernakel was, gevat soos die Here gesê het, en hy en Aäron het die volk by die rots laat bymekaarkom. Hy sê toe vir hulle: “Luister hier, julle klomp skoorsoekers, moet ons vir julle water uit hierdie rots uit laat kom?” Toe lig Moses sy arm op en slaan die rots twee keer met die kierie. Skielik het daar ’n groot stroom water uit die rots uitgestroom. Almal, mens en dier, het genoeg gehad om te drink. Maar die Here het met Moses en Aäron geraas: “Omdat julle nie op My vertrou het nie en nie na My, die groot en heilige God, voor die volk geluister het nie, sal julle nie hierdie volk in die nuwe land inlei wat Ek vir hulle gee nie.” Die mense het toe die plek die waters van Meriba, “waters waar daar rusie gemaak word”, genoem omdat die Israeliete daar opstandig was teen die Here, en omdat Hy daar vir hulle gewys het hoe groot en heilig Hy is.
Lees Numeri 20
Deel
Vergelyk alle weergawes: Numeri 20:7-13
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's