Lukas 24:46-49

Lukas 24:46-49 DB

“Sien julle nou dat die Bybel sê dat die Messias moes kom ly en dat Hy op die derde dag weer uit die dood sou opstaan? Wel, van nou af gaan julle hierdie goeie nuus wêreldwyd oorvertel; van hier in Jerusalem af tot aan die uithoeke van die wêreld. Julle moet vir ander mense sê om hulle sondes te laat staan en dat hulle hulle tot God moet bekeer. Sê vir hulle dat al hulle sondes vergewe word wanneer hulle in My glo. Julle het alles wat met My gebeur het self aanskou. Gaan vertel dit aan ander mense. “My Vader het ook nog ’n baie groot Geskenk vir julle. Ek gaan hierdie Geskenk binnekort na julle toe stuur. Wag nog net so ’n klein rukkie hier in Jerusalem. Een van die dae gaan julle met baie groot krag direk uit die hemel toegerus word.”