Die Here het vir my die vermoë gegee om mense wat neerslagtig is, weer moed in te praat. Elke oggend spits ek my ore om verder by die Here te leer. Die Here het my bereid gemaak om na Hom te luister. Ek is nie opstandig teen Hom nie. Ek is ook nie ver van die Here af nie. Ek het my rug gehou dat hulle my maar kan slaan. Ek het my gesig gehou dat hulle maar my baard kan probeer uitpluk. Ek het nie my hande voor my gesig gehou toe hulle my in die gesig gespoeg het om my te beledig nie. Omdat die Here my help, sal ek nie verneder word nie. Ek byt op my tande, want ek weet dat ek nie in die skande sal kom nie. Die Here is aan my kant. Hy bewys ek is reg. Wie wil my hof toe vat? Hy moet maar kom dat ons saam in die hof kan gaan staan. Wie wil regter speel oor my? Laat hy hier na my toe kom.
Lees Jesaja 50
Deel
Vergelyk alle weergawes: Jesaja 50:4-8
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's