Genesis 49:29-33

Genesis 49:29-33 DB

Jakob het vir oulaas met al die seuns gepraat. “Ek is besig om te sterf,” het hy gesê. “As ek dood is, moet julle my by my mense in die familiegraf by Magpela, net oos van Mamre in die land Kanaän begrawe. Abraham het dit destyds van Efron, die Hetiet, gekoop omdat hy dit as ’n begraafplek wou gebruik het. “Abraham is daar begrawe en ook sy vrou Sara. Isak en sy vrou, Rebekka, lê ook daar en dit is ook die plek waar ek Lea begrawe het. “Julle weet mos waar dit is. Dit is die grot wat Abraham vroeër van Efron, die Hetiet gekoop het. Nou vra ek mooi dat julle my ook daar sal begrawe.” Toe Jakob klaar gepraat het, het hy weer gaan lê en die laaste asem uitgeblaas.

Video for Genesis 49:29-33