Handelinge 17:1-4

Handelinge 17:1-4 DB

Paulus en Silas het daarna in ’n suidelike rigting deur Amfipolis en Apollonië gereis en in Tessalonika aangekom. Daar was ’n Joodse sinagoge. Soos dit sy gewoonte was, het Paulus gereeld soontoe gegaan. Drie sabbatte het hy daar met die Jode uit die Bybel gaan praat. Hy het vir hulle verduidelik dat dit deel van God se plan was dat die Messias moes kom ly en sterf, maar dat Hy op die derde dag na sy dood weer lewendig gemaak is. En hy het bygevoeg: “Hierdie Jesus van wie ek julle vertel, Hy is die Messias. Hy is God se Gestuurde.” Party van die mense het Paulus se prediking geglo. Hulle het daar voor almal by hom en Silas aangesluit. Saam met hulle het baie Grieke wat vroeër die Joodse geloof aanvaar het, asook ’n hele aantal van die vooraanstaande vroue in die stad, tot geloof in Jesus gekom.