Handelinge 10:44-46

Handelinge 10:44-46 DB

Petrus was nog besig om te praat, toe kom die Heilige Gees oor almal wat na hom gesit en luister het. Die Joodse gelowiges wat saam met hom na Sesarea gekom het, was baie verbaas daaroor. Hulle kon nie glo dat God sy Heilige Gees oor mense uit ander volke laat kom nie. Tog het hulle dit nou met hulle eie oë gesien, en ook gehoor! Want hierdie mense het dadelik in ongewone tale begin praat en God se Naam grootgemaak.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Handelinge 10:44-46