HOE mooi is u skrede in die skoene, o edele dogter! Die golwende lyne van u heupe is soos halssierade, 'n werk van kunstenaarshande. U nawel is 'n ronde kom — laat die gemengde wyn nie ontbreek nie. U liggaam is 'n hoop koring, omring deur lelies. U twee borste is soos twee lammers, tweelinge van 'n gemsbok. U hals is soos 'n ivoortoring, u oë vywers in Hesbon by die poort Bat-Rabbim; u neus soos die toring van die Líbanon wat na Damaskus toe uitkyk. U hoof op u is soos die Karmel, en die golwende hare van u hoof soos purper — 'n koning gevang in haarlokke! Hoe mooi en hoe lieflik is u, o liefde, onder al die genietinge! U hoë gestalte daar lyk soos 'n dadelpalm, en u borste soos vrugtetrosse. Ek het gedink: Laat ek op die dadelpalm klim, laat ek sy trosse gryp; en laat u borste tog wees soos trosse van die wingerdstok, en die geur van u asem soos dié van appels, en u verhemelte soos die beste wyn wat vir my beminde saggies na binne gly, en oor die lippe vloei van die wat inslaap.
Lees HOOGLIED 7
Deel
Vergelyk alle weergawes: HOOGLIED 7:1-9
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's