GÉNESIS 43:11-14

GÉNESIS 43:11-14 AFR53

Toe het Israel, hulle vader, vir hulle gesê: As dit so is, doen dan dit: neem van die opbrings van die land in julle sakke en bring vir die man 'n geskenk af — bietjie balsem en bietjie heuning, speserye en gom, neute en amandels; en neem dubbel soveel geld met julle saam en bring die geld wat weer bo in julle sakke gesit is, met julle saam terug. Miskien was dit 'n vergissing. En neem julle broer — maak julle klaar en gaan terug na die man. En mag God, die Almagtige, julle barmhartigheid verleen by die man, sodat hy julle ander broer en Benjamin saam met julle kan laat trek! En ek — as ek van kinders beroof is, dan is ek beroof.

Video for GÉNESIS 43:11-14