EXODUS 26:26-30

EXODUS 26:26-30 AFR53

Jy moet ook dwarshoute van akasiahout maak: vyf vir die style van die een sykant van die tabernakel en vyf dwarshoute vir die style van die ander sykant van die tabernakel; ook vyf dwarshoute vir die style van die agterkant van die tabernakel teen die weste. En die middelste dwarshout moet in die middel van die style oordwars loop, van die een ent na die ander. En jy moet die style met goud oortrek; en hulle ringe, as plekke vir die dwarshoute, moet jy van goud maak. Die dwarshoute moet jy ook met goud oortrek. So moet jy dan die tabernakel oprig volgens die plan wat jou op die berg getoon is.

Video for EXODUS 26:26-30

Gratis leesplanne en oordenkings oor EXODUS 26:26-30