Numeri 15:32-36

Numeri 15:32-36 CAB23

En terwyl die kinders van Israel in die woestyn was, het hulle 'n man gekry wat op die sabbatdag hout bymekaarmaak. En die wat hom gevind het terwyl hy hout bymekaarmaak, het hom na Moses en Aäron en na die hele vergadering gebring. En hulle het hom in bewaring geplaas, omdat daar nie aangekondig is wat met hom gedoen moet word nie. Toe sê die HERE vir Moses: Die man moet sekerlik gedood word; die hele vergadering moet hom buitekant die laer met klippe stenig. En die hele vergadering het hom buitekant die laer gebring en hom met klippe gestenig, sodat hy gesterf het; soos die HERE Moses beveel het.