Eksodus 27:9-17

Eksodus 27:9-17 CAB23

En jy moet die voorhof van die tabernakel maak: aan die suidekant, na die suide, moet daar behangsels vir die voorhof wees van fyn dubbeldraad-linne van honderd el lank aan die een kant. En sy twintig pilare en hulle twintig voetstukke moet van koper wees; die kramme van die pilare en hulle ringe moet van silwer wees. En net so moet daar aan die noordekant in die lengte behangsels wees van honderd el lank, en sy twintig pilare en hulle twintig kopervoetstukke; die kramme van die pilare en hulle ringe van silwer. En vir die breedte van die voorhof aan die westekant moet behangsels van vyftig el wees: hulle pilare tien en hulle voetstukke tien. En die breedte van die voorhof aan die oostekant na die ooste moet vyftig el wees. Die behangsels aan die een kant van die poort moet vyftien el wees: hulle pilare drie en hulle voetstukke drie. En aan die ander kant moet vyftien el behangsels wees: hulle pilare drie en hulle voetstukke drie. En vir die poort van die voorhof moet 'n behangsel wees van twintig el, van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, met naaldwerk bewerk; en hulle pilare moet vier wees en hulle voetstukke vier. Al die pilare rondom die voorhof moet met silwer gevuld wees; hulle kramme moet van silwer wees en hulle voetstukke van koper.

Video for Eksodus 27:9-17

Gratis leesplanne en oordenkings oor Eksodus 27:9-17