Jy mag nie egbreuk pleeg nie. Jy mag nie steel nie. Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste gee nie. Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie, jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, ook nie sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of enigiets wat jou naaste s'n is nie. En die hele volk het die donderslae en die weerligstrale en die geluid van die basuin en die rokende berg gesien; en toe die volk dit sien, het hulle weggetrek en van ver af gaan staan. En hulle het vir Moses gesê: Spreek jy met ons, en ons sal hoor; maar laat God nie met ons spreek nie, anders sterf ons. Toe sê Moses vir die volk: Moenie vrees nie, want God het gekom om julle te beproef, en dat sy vrees voor julle aangesig kan wees, dat julle nie sondig nie. En die volk het van ver af gaan staan, en Moses het nader gekom na die digte duisternis waar God was. En die HERE het vir Moses gesê: So moet jy aan die kinders van Israel sê: Julle het gesien dat Ek met julle uit die hemel gespreek het. Julle mag vir My geen gode van silwer maak nie, en julle mag vir julle geen goue gode maak nie. 'n Altaar van aarde moet jy vir My maak en daarop jou brandoffers en jou dankoffers, jou skape en jou beeste offer; op al die plekke waar Ek my Naam beskrywe, sal Ek na jou toe kom en jou seën. En as jy vir my 'n klipaltaar wil maak, mag jy dit nie van gekapte klip bou nie; want as jy jou werktuig daarop oplig, het jy dit ontheilig. Jy mag ook nie met trappe opklim na my altaar nie, sodat jou naaktheid nie daarop ontdek word nie.
Lees Eksodus 20
Deel
Vergelyk alle weergawes: Eksodus 20:14-26
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's