Psalms 121:1-8

Psalms 121:1-8 AFR20

'n •Pelgrimslied. Ek kyk op na die berge: Waar sal my hulp vandaan kom? My hulp is van die HERE, wat hemel en aarde gemaak het. Hy sal nie toelaat dat jou voet struikel nie; jou Beskermer sal nie insluimer nie. Kyk, die Beskermer van Israel sluimer nie in nie en Hy slaap nie. Die HERE is jou Beskermer; die HERE is jou skaduwee aan jou regterhand. Bedags sal die son jou nie skaad nie, en snags ook nie die maan nie. Die HERE sal jou beskerm teen elke onheil; Hy sal jou lewe beskerm. Die HERE sal jou uitgaan en jou terugkeer beskerm van nou af en vir altyd.