Spreuke 6:12-19

Spreuke 6:12-19 AFR20

'n Deugniet van 'n mens, 'n boosdoener, is hy wat met 'n mond vol valsheid rondloop, wat met sy oë knik, tekens gee met sy voete, beduie met sy vingers, met 'n verdorwe hart die hele tyd kwaad stig en tweedrag saai. Daarom, onverwags kom sy teenspoed – plotseling word hy verpletter, sonder herstel. Daar is ses dinge waarin die HERE 'n weersin het, sewe is vir Hom afstootlik: hovaardige oë, 'n bedrieglike tong, hande wat onskuldige bloed vergiet, 'n hart wat bose planne smee, voete wat gou is om na die kwaad te hardloop, 'n vals getuie wat leuens uitryg, en iemand wat tweedrag saai tussen broers.