Spreuke 5:15-20

Spreuke 5:15-20 AFR20

Drink water uit jou eie opgaarput, en lopende water uit jou eie bron. Moet jou fonteine straataf spoel, op die dorpspleine watervore word? Hulle is vir jou alleen bedoel, nie vir •vreemdelinge by jou nie. Mag jou waterbron geseënd wees; verheug jou oor die vrou van jou jeug – 'n bekoorlike rooitakbokkie, 'n grasieuse klipbokooitjie. Haar borste, mag hulle jou altyd bevredig; mag jy deur haar liefkosings voortdurend bedwelmd wees. Waarom sou jy jou laat bedwelm, my seun, deur 'n vreemde, die boesem van 'n uitlander omhels?