Ses dae later neem Jesus vir •Petrus, Jakobus en Johannes saam en lei hulle teen 'n hoë berg uit waar hulle heeltemal alleen was. Hy het toe voor hulle van gedaante verander. Sy klere het blink geword, spierwit, so wit soos niemand op aarde iets kan bleik nie. Toe het Elia saam met Moses aan hulle verskyn, en hulle was besig om met Jesus te praat. Petrus reageer toe en sê vir Jesus: “Rabbi, dit is goed dat ons hier is. Laat ons drie hutte bou: een vir U, een vir Moses en een vir Elia.” Hy het immers nie geweet wat hy moet sê nie, want hulle was totaal verskrik. Daar kom toe 'n wolk wat 'n skaduwee oor hulle gooi, en uit die wolk kom daar 'n stem: “Dit is my Seun, my geliefde, luister na Hom! ” Toe hulle rondkyk, sien hulle skielik niemand behalwe net Jesus by hulle nie. Terwyl hulle die berg afgaan, het Jesus hulle beveel om niemand te vertel wat hulle gesien het voordat die •Seun van die Mens uit die dood opgestaan het nie. Hulle het dié saak vir hulleself gehou, terwyl hulle onderling bespiegel het wat “uit die dood opstaan” beteken. Hulle vra Hom toe: “Waarom sê die skrifkenners dat Elia eers moet kom?” Hy het hulle geantwoord: “Elia kom inderdaad eers om alles te herstel. En waarom staan daar dan geskryf oor die Seun van die Mens dat Hy baie moet ly en verag word? Maar Ek sê vir julle: Elia het reeds gekom en hulle het aan hom gedoen wat hulle wou, soos daar oor hom geskryf staan.”
Lees Markus 9
Deel
Vergelyk alle weergawes: Markus 9:2-13
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's