Dit was amper tyd vir die Fees van die Ongesuurde Brood, bekend as die Pasga. Die leierpriesters en die skrifkenners het bly soek na 'n geskikte manier om Hom dood te maak, omdat hulle bang was vir die volk. Satan het in Judas, wat Iskariot genoem is, een van die twaalf, ingevaar. Hy het weggegaan en met die leierpriesters en die bevelvoerders van die tempelwag onderhandel oor hoe hy Hom aan hulle kon oorlewer. Hulle was bly, en het afgespreek om hom geld te gee. Hy het ingestem, en aanhou soek na 'n gepaste geleentheid om Hom aan hulle oor te lewer in die afwesigheid van die skare.
Lees Lukas 22
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Lukas 22:1-6
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's