Jesaja 1:1-3

Jesaja 1:1-3 AFR20

Die visioen van Jesaja, seun van Amos, wat hy gesien het aangaande Juda en Jerusalem in die dae van Ussia, Jotam, Agas en Hiskia, konings van Juda. Luister, hemel, en gee aandag, aarde, want die HERE praat: “Kinders het Ek grootgemaak en opgevoed, maar hulle het teen My in verset gekom. 'n Bees ken sy eienaar en 'n donkie die krip van sy besitter. Israel het egter nie kennis nie, my volk toon geen insig nie.”