Genesis 41:41-44

Genesis 41:41-44 AFR20

Die farao het vir Josef gesê: “Kyk, ek stel jou aan oor die hele Egipteland.” Toe haal die farao sy seëlring van sy hand af en sit dit aan Josef se vinger. Hy het hom linneklere laat aantrek en 'n goue ketting om sy nek gehang. Hy het Josef laat ry op die tweede strydwa wat aan hom behoort, en daar is voor hom uitgeroep: “Gee pad!” So het hy hom oor die hele Egipteland aangestel. Die farao het vir Josef gesê: “Ek is die farao, maar sonder om jou in ag te neem, mag niemand in die hele Egipteland 'n hand of 'n voet lig nie.”

Video vir Genesis 41:41-44