Genesis 19:27-29

Genesis 19:27-29 AFR20

Abraham is vroeg die oggend na die plek waar hy voor die HERE gestaan het. Hy het afgekyk oor Sodom en Gomorra en oor die hele gebied van die Jordaanstreek, en gesien daar styg rook op uit die land, soos die rook uit 'n smeltoond. Toe God die stede van die Jordaanstreek verdelg het, het God aan Abraham gedink, en Lot weggestuur uit die verwoesting, toe Hy die stede waarin Lot gewoon het, verwoes het.

Video vir Genesis 19:27-29