Die profetegroep het vir Elisa gesê: “Kyk, die plek waar ons voor u woon, is te klein vir ons. Laat ons asseblief na die Jordaan gaan en daar elkeen 'n balk kry, sodat ons daar vir ons 'n plek kan maak om te bly.” “Gaan!” het hy gesê. Maar die een sê toe: “Wees asseblief so vriendelik en gaan saam met u dienaars.” Hy het gesê: “Goed, ek sal gaan.” Hy het toe saam met hulle gegaan. Toe hulle by die Jordaan aankom, het hulle die bome afgekap. Maar terwyl die een besig was om 'n balk af te kap, val die byl se kop in die water. Hy roep toe uit en sê: “Ag, my heer, dit was 'n geleende een!” Daarop vra die man van God: “Waar het dit geval?” Hy wys hom toe die plek. Die man van God het 'n stukkie hout afgesny, dit daarheen gegooi en die byl se kop laat dryf.
Lees 2 Konings 6
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 Konings 6:1-6
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's