Toe sien ek 'n engel kom af uit die hemel. Hy het 'n sleutel en 'n groot ketting in sy hand gehad. Hy kon die onderwêreld oopsluit met daardie sleutel. Die engel het die draak gegryp. Die draak is die ou slang, die duiwel, die Satan. Die engel het die draak 1 000 jaar lank vasgebind en hy het hom in die onderwêreld gegooi en hom daar toegesluit, heeltemal toe. Toe kon die draak 1 000 jaar lank nie meer vir die mense van die volke dinge laat glo wat nie waar is nie. Maar ná die 1 000 jaar moet die draak 'n kort tydjie uitkom.
Lees Openbaring 20
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Openbaring 20:1-3
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's