Psalms 119:25-32

Psalms 119:25-32 ABA

Wanneer dit sleg gaan met my, dan moet U my laat aanhou lewe, soos U gesê het. Toe ek vir U vertel het van my lewe, toe het U my geantwoord. U moet vir my leer wat u wette sê. U moet my help om te verstaan wat U beveel, sodat ek oor u wonderwerke kan dink. Ek smelt weg van die pyn, U moet my regop hou, soos U gesê het. U moet keer dat ek nie vals lewe nie, U moet genadig wees vir my en vir my leer. Ek het gekies om eerlik te lewe, ek het onthou wat U besluit het. Here, ek hou vas aan wat U sê, U moet my help om te weet wat ek moet doen. Ek wil graag lewe soos u gebooie sê, want U sal my help om dit te verstaan.

Video for Psalms 119:25-32