Matteus 27:51-54

Matteus 27:51-54 ABA

Die gordyn in die tempel het van bo tot onder geskeur. Dit was toe twee stukke. God het die aarde laat bewe en Hy het die rotse laat oopskeur. God het ook die grafte laat oopgaan en Hy het baie gelowiges wat gesterf het, weer laat lewe, en hulle het uit hulle grafte uitgegaan. Nadat Jesus weer begin lewe het, het hulle in Jerusalem, die gewyde stad, ingegaan, en baie mense het hulle gesien. Die offisier en die soldate wat saam met hom vir Jesus opgepas het, het die aardbewing gesien en alles wat gebeur het. Hulle was toe baie bang en hulle het gesê: “Hierdie man was regtig die Seun van God!”