Johannes 20:15-17

Johannes 20:15-17 ABA

Jesus het vir haar gesê: “Mevrou, hoekom huil jy? Vir wie soek jy?” Maria het gedink dit is die man wat daar in die tuin werk. Daarom het sy vir Hom gesê: “Meneer, het jy my Here weggeneem? As jy Hom weggeneem het, sê dan vir my waar jy Hom gesit het. Dan kan ek Hom gaan haal.” Jesus het vir haar gesê: “Maria!” Toe draai sy na Jesus en sê: “Rabboeni!” Rabboeni is 'n Hebreeuse woord, dit beteken “My Meneer.” Jesus het vir haar gesê: “Jy moenie aan My raak nie, want Ek moet nog na my Vader in die hemel gaan. Jy moet teruggaan na my broers, die dissipels. Gaan sê vir hulle Ek gaan na my Vader en my God. Hy is nou ook julle Vader en julle God.”