Johannes 12:34-36

Johannes 12:34-36 ABA

Die mense het vir Jesus gesê: “Ons het in die Ou Testament gelees dat die Christus vir altyd op die aarde sal bly, maar jy sê die Seun van die mens sal hoog bo die grond wees. Wie is die Seun van die mens? Van wie praat jy?” Jesus het vir hulle gesê: “Ek is die Lig. Die Lig sal nog net 'n kort tydjie by julle wees. Wanneer dit lig is, moet julle aanhou werk. Dan, wanneer dit donker word, sal julle nie skrik nie. Wanneer 'n mens in die donker werk, weet hy nie wat hy doen nie. Ek is die Lig en Ek is nou hier by julle. Julle moet in My glo, dan sal julle kinders van die lig wees.” Toe Jesus klaar gepraat het, het Hy weggegaan, en hulle kon Hom nie kry nie.

Video for Johannes 12:34-36