Jesaja 28:3-8

Jesaja 28:3-8 ABA

Die dronk mense van Efraim is nou trots op hulle stad, maar ander mense sal met hulle voete trap op die stad. Hierdie stad wat op 'n berg is bokant 'n vrugbare vallei, hierdie mooi stad sal word soos 'n blom wat droog word en afval. Die stad sal word soos die eerste vy wat ryp word: Iemand sien die vy en hy pluk dit en sluk dit in. Die mense wat oorgebly het van die volk van die Here, sal daardie dag trots wees op Hom, hulle sal trots wees op die Here wat oor alles regeer. Hy sal vir hulle leer om in die poort reg te besluit oor mense. Hy sal die mense sterk maak wat die vyande moet keer wat in die stad wil inkom. Die priesters en die profete is ook dronk. Hulle het wyn en bier gedrink en hulle loop val-val. Hulle weet nie wat hulle doen nie, hulle weet nie waar hulle is nie. Die Here wys vir hulle wat sal gebeur, maar hulle loop val-val. Hulle moet sê wat is reg, maar hulle kan nie regop staan nie. Hulle word naar en gooi op en mors op al die tafels in die tempel.