Genesis 7:17-24

Genesis 7:17-24 ABA

Dit het 40 dae aanmekaar gereën, en die water het oor die aarde gestroom. Die water het meer en meer geword. Die water het die ark opgelig. Die water het baie diep geword en die ark het bo-op gedryf. Die water was bo-oor die hele aarde en oor al die hoë berge. Dit het nog hoër geword en dit was later 15 el hoër as die berge. Alles wat op die aarde lewe, het verdrink – al die diere wat kruip, al die voëls, die mak diere, die wilde diere en ook al die mense. Alles wat asemhaal, het verdrink. God het alles doodgemaak wat op die aarde gelewe het. Al die mense, al die diere en al die voëls het verdrink. Net Noag en almal wat by hom in die ark was, het oorgebly. Die water was 150 dae lank oor die aarde.

Video for Genesis 7:17-24