Handelinge 15:7-11

Handelinge 15:7-11 ABA

Nadat hulle baie met mekaar hieroor gestry het, het Petrus opgestaan en vir hulle gesê: “Vriende, julle weet dat God lank gelede vir my gekies het om die goeie boodskap te bring sodat die heidene dit kan hoor en kan begin glo in die Here. God weet hoe 'n mens se hart regtig is. God het vir die heidene wat begin glo het, die Heilige Gees gegee, soos Hy voorheen die Heilige Gees ook vir ons gegee het. So het God vir die mense gewys dat dit Hý is wat werk. God het ook nie gedink dat die heidene anders is as ons wat Jode is nie, want Hy het vir die heidene rein gemaak omdat hulle in Christus glo. Julle moenie nou vir God toets en kwaad maak nie, moenie 'n juk sit op die nek van die gelowiges wat voorheen heidene was nie. Julle weet dat julle voorouers nie so 'n juk kon dra nie, en ons kan ook nie. Nee, ons glo dat God ook vir ons red soos Hy die heidene red, omdat die Here Jesus genadig is vir ons.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Handelinge 15:7-11