2 Konings 12:10-11

2 Konings 12:10-11 ABA

Toe hulle sien daar is baie geld in die kis, het die sekretaris van die koning en die hoëpriester gekom en hulle het die geld getel en in sakke gesit. Daarna het hulle die geld gegee vir die voormanne wat die werk moes laat doen, en die voormanne het die geld gebruik om die skrynwerkers en die bouers wat aan die tempel gewerk het, te betaal.