1 Tessalonisense 4:3-8

1 Tessalonisense 4:3-8 ABA

God wil hê julle moet lewe soos mense wat aan Hom behoort. Julle moenie julle liggame gebruik om onsedelik te lewe nie. God wil hê elke man moet weet dat hy saam met sy vrou moet lewe soos God wil hê, en elke man moet sy vrou respekteer. Julle moenie doen soos die heidene wat nie vir God ken nie. Daardie mans gebruik hulle vroue net vir seks. God wil ook hê gelowiges moenie sonde doen teen mekaar nie. Die een man moenie 'n ander man se vrou wil hê en haar vir homself vat nie. Die Here sal hierdie soort sonde straf. Ons het dit voorheen vir julle gesê en ons het julle ernstig gewaarsku. God het ons gekies om aan Hom te behoort, daarom moet ons lewe soos Hy wil hê, ons moenie onsedelik lewe nie. Daarom, iemand wat nie luister na wat ons vir julle leer nie, is ongehoorsaam aan God wat sy Heilige Gees vir julle gee, hy is nie ongehoorsaam aan mense nie.