PSALMS 107:19-22

PSALMS 107:19-22 NLV

“HERE, help ons!” het hulle geroep in hulle nood, en Hy het hulle uit al hulle ellende gered. Met ’n woord wat Hy gestuur het, het Hy hulle genees, en hulle van die dood weggeruk. Laat hulle die HERE loof vir sy liefde, en vir al sy wonderdade aan hulle. Laat hulle dankoffers bring en met vreugde van sy dade vertel.