Waar sal jy ’n knap vrou kry? ’n Goeie vrou is meer werd as edelstene. Haar man het volkome vertroue in haar. Hy pluk die vrugte van haar werk. Haar hele lewe lank bring sy vir hom net voordeel, nie ellende nie. Sy kry wol en vlas in die hande en verwerk dit met genot. Sy is soos die handelskepe, van ver af bring sy haar kos in. Sy staan op as dit nog nag is. Sy maak ontbyt vir haar huisgesin. Die dag se werk deel sy aan haar slavinne uit. Sy bereken die waarde van ’n stuk grond en koop dit. Sy plant ’n wingerd daarop met die geld wat sy verdien. Sy werk baie hard. Haar hande staan vir niks verkeerd nie. Sy kyk of haar transaksies winsgewend is. Haar lamp brand deur die hele nag. Sy werk met die spinwiel, haar hande is bedrywig met die weefbalk. Haar hand is oop vir die armes. Sy is vrygewig teenoor behoeftiges. Die wintersneeu hou geen vrees in vir haar huisgesin nie. Hulle het almal warm klere. Sy maak vir haarself dekens. Sy dra goeie klere van linne en wol. Almal in die poort ken haar man. Hy dien op die raad van die leiers van die land. Sy verkoop die klere wat sy maak en voorsien handelaars van gordels.
Lees SPREUKE 31
Luister na SPREUKE 31
Deel
Vergelyk alle weergawes: SPREUKE 31:10-24
7 dae
Ons almal ken die Spreuke 31-vrou. Daardie pragtige vrou wat meer werd is as edelstene, as asemrowende korale ... Maar moenie geïntimideerd voel nie! Jy kan deur God se genade daardie eienskappe in jouself vestig; een eienskap of deug op ’n slag. In hierdie 7 oordenkings, geneem uit MEER AS KORALE, help Elizabeth George jou om hierdie transformasie af te skop.
8 dae
Het jou woorde jou al in die moeilikheid laat beland? Bekommer jy jou oor finansies? Voel jy asof jou werk sinneloos is? Hoe beïnvloed jou vriende jou? In die volgende 8 dae deel Francois Lamprecht beginsels uit die boek Spreuke wat ons kan help met hierdie en ander uitdagings waarvoor ons almal elke dag te staan kom.
9 Days
Taken from the book, Giving It All Away…and Getting It All Back Again, David Green, founder and CEO of Hobby Lobby, shares that a generous life pays the best rewards personally, offers a powerful legacy to your family, and changes those you touch.
10 Days
Dave Ramsey is America’s trusted voice on money and business. Following his own bankruptcy at age 30, Dave set out to learn God’s ways of handling money. Dave now devotes himself to teaching others how to be responsible with their money so they can live a generous life and leave a legacy for generations to come.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's