LUKAS 22:1-6

LUKAS 22:1-6 NLV

Die Fees van die Ongesuurde Brood, wat ook Pasga genoem word, was baie naby. Die priesterhoofde en die skrifkenners het steeds bly soek na ’n onopvallende manier om van Jesus ontslae te raak, want hulle was bang vir die volk. Satan het in Judas ingevaar wat Iskariot genoem is, een van die twaalf. Hy het toe weggegaan om te onderhandel met die priesterhoofde en die bevelvoerders van die tempelwag oor hoe hy Jesus aan hulle sou uitlewer. Hulle was opgewonde en het ooreengekom om geld aan hom te gee. Judas het ten volle ingestem en na ’n gunstige geleentheid gesoek om Jesus uit te lewer waar die skares nie teenwoordig is nie.