JOB 41:1-6

JOB 41:1-6 NLV

“Omdat die krokodil so wreed is, sal niemand dit waag om hom wakker te maak nie. Wie sal dan teenoor My kan staan? Wie wil dan aan My eise stel dat Ek moet betaal? Alles onder die hemel behoort immers aan My. “Ek wil nog praat oor die krokodil se krag en sy ontsaglike liggaamsbou en sierlike vorm. Wie kan sy vel aftrek? Wie kan sy dik pantser deurboor? Wie waag om sy bek oop te ruk? Sy verskriklike tande maak jou bang! Sy skubbe vorm ’n skild op sy rug, dig aaneengeskakel.