JOHANNES 20:15-17

JOHANNES 20:15-17 NLV

Jesus sê vir haar: “Vrou, waarom huil jy? Wie soek jy?” Sy het gemeen dat dit die tuinwerker is, en het vir Hom gesê: “Meneer, as ú Hom weggedra het, sê asseblief vir my waar u Hom neergelê het en ek sal Hom gaan haal.” Jesus sê vir haar: “Maria!” Sy draai om en sê vir Hom in Aramees: “Rabboeni!” Dit beteken “Leermeester”. Jesus sê toe vir haar: “Moenie aan My raak nie, want Ek het nog nie na die Vader opgevaar nie. Gaan na my broers en vertel vir hulle: Ek vaar op na my Vader toe, wat ook julle Vader is, na my God toe, wat ook julle God is.”