Daarna het die dissipels weer teruggegaan huis toe. Maria het buite die graf gestaan en huil. Terwyl sy huil, het sy vooroor gebuk en in die graf in gekyk. Sy sien toe twee engele met wit klere aan wat sit op dieselfde plek waar die liggaam van Jesus gelê het, een aan die kopkant en een aan die voetekant. Hulle vra haar: “Vrou, waarom huil jy?” Sy antwoord hulle: “Hulle het my Here weggeneem en ek weet nie waar hulle Hom neergelê het nie.” Nadat sy dit gesê het, het sy omgedraai en Jesus daar sien staan, maar sy het nie besef dat dit Jesus was nie. Jesus sê vir haar: “Vrou, waarom huil jy? Wie soek jy?” Sy het gemeen dat dit die tuinwerker is, en het vir Hom gesê: “Meneer, as ú Hom weggedra het, sê asseblief vir my waar u Hom neergelê het en ek sal Hom gaan haal.” Jesus sê vir haar: “Maria!” Sy draai om en sê vir Hom in Aramees: “Rabboeni!” Dit beteken “Leermeester”. Jesus sê toe vir haar: “Moenie aan My raak nie, want Ek het nog nie na die Vader opgevaar nie. Gaan na my broers en vertel vir hulle: Ek vaar op na my Vader toe, wat ook julle Vader is, na my God toe, wat ook julle God is.” Maria Magdalena het die boodskap aan Jesus se dissipels gaan oordra: “Ek het die Here gesien!” Sy het ook vertel wat Hy vir haar gesê het.
Lees JOHANNES 20
Luister na JOHANNES 20
Deel
Vergelyk alle weergawes: JOHANNES 20:10-18
3 Days
When darkness surrounds you, how should you respond? For the next 3 days, immerse yourself in the Easter story and discover how to hold onto hope when you feel forsaken, alone, or unworthy.
7 Dae
Ons kyk gedurende Heilige Week na Jesus se laaste dae voor sy kruisiging. Ons vereenselwig onsself met sy lyding deur middel van simbole in sy daaglikse interaksies, gesprekke en dade. In hierdie 7-dag leesplan word jy soggens op jou reis begelei deur na ‘n video van vreesloosheid en waagmoed te kyk en saans deur 'n gebed van nadenke te bid.
Jesus sterf aan die kruis. Maar toe is Jesus sterker as die dood! Toe klop Hy hierdie aartsvyand. Daarom vier ons lydenstyd met hoop in ons harte. Ons huil oor Jesus se lyding, maar ons vier fees oor sy opstanding uit die dood. Stephan Joubert wil jou in hierdie 7-dag leesplan aanmoedig om die volgende te onthou: Anderkant Jesus se sterfdag wag nuwe lewe vir ons.
10 Days
Let’s slow down this Holy Week and learn from Christ’s final days on earth. Each day we will receive lessons or gifts that He took the time to give. Do you need a fresh reminder of what mattered most to Christ—that you love His people and follow Him? What could He want to teach you this Holy Week?
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's