JOHANNES 12:34-36

JOHANNES 12:34-36 NLV

Die skare het reageer: “Ons het volgens die wet gehoor dat die Messias vir altyd gaan bly. Hoe sê u dan nou dat die Seun van die Mens verhoog moet word? Buitendien, wie is hierdie Seun van die Mens?” Jesus het hulle geantwoord: “Nog net ’n kort tydjie is die lig by julle. Rig julle lewe só in terwyl julle nog die lig by julle het, dat die duisternis nie oor julle toeslaan nie. Wie sy lewe in die duisternis inrig, weet mos nie waar hy gaan eindig nie. Terwyl julle nog die lig by julle het, moet julle aanhou glo in die lig sodat julle kinders van die lig kan wees.” Nadat Jesus klaar gepraat het, het Hy vertrek en vir die mense gaan wegkruip.