JEREMIA 29:11-14

JEREMIA 29:11-14 NLV

Ek weet wat Ek vir julle beplan het,” sê die HERE. “Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê. Julle sal na My roep en bid, en Ek sal na julle luister. As julle heelhartig na My soek, sal julle My vind. Julle sal My toeganklik vind,” sê die HERE. “Ek sal julle uit gevangenskap laat terugkeer. Ek sal julle versamel tussen al die nasies waar julle nou is en uit al die plekke waarheen Ek julle verban het,” sê die HERE. “Ek sal julle weer terugbring na die plekke waarvandaan Ek julle in ballingskap laat gaan het.”

Video for JEREMIA 29:11-14