HERE, U behandel my altyd regverdig as ek ’n klagte na U toe bring. Maar nou wil ek my saak stel: Hoekom gaan dit goed met slegte mense? En hoekom is oneerlike mense so gelukkig? U het hulle geplant en hulle wortels diep geanker; daarom groei hulle goed en dra hulle vrugte. Hulle praat graag oor U, maar hulle bedoel nie ’n woord daarvan nie. Maar U ken my, HERE. U sien my net soos ek is. U toets my ingesteldheid teenoor U. Sleep hierdie mense weg, net soos slagskape! Pas hulle op vir die slagtyd! Hoe lank moet hierdie land nog treur? Selfs die grasvelde het verdroog. Die diere en die voëls het ook verdwyn weens die sonde van die inwoners van die land. En tog sê hulle: “Die HERE gaan niks doen nie!”
Lees JEREMIA 12
Deel
Vergelyk alle weergawes: JEREMIA 12:1-4
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's