Toe dit vir hom duidelik geword het, is hy na die huis van Maria, die ma van Johannes (sy noemnaam is Markus), waar ’n taamlike groep saam was en gebid het. Hy het aan die buitedeur geklop, en ’n diensmeisie met die naam Rodé het kom hoor wie dit is. Toe sy Petrus se stem herken, het sy van blydskap nie die deur oopgemaak nie, maar binnetoe gehardloop en uitgeroep dat Petrus by die buitedeur staan! Maar hulle het vir haar gesê: “Jy is skoon van jou wysie af!” Toe sy egter daarmee volhou, het hulle gesê: “Dan is dit seker Petrus se engel.” Intussen het Petrus weer geklop. Toe hulle oopmaak en hom sien, was hulle baie verbaas. Hy het met sy hand vir hulle beduie om stil te raak en vir hulle vertel hoe die Here hom uit die tronk uitgelei het. “Vertel vir Jakobus en die ander gelowiges wat gebeur het,” het hy gesê. Hy is buitentoe, en het elders heen vertrek.
Lees HANDELINGE 12
Luister na HANDELINGE 12
Deel
Vergelyk alle weergawes: HANDELINGE 12:12-17
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's