Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 6:26
Wat die Vader Sê
3 Dae
Die Vader se gedagtes van liefde teenoor jou is meer as die sand van die see. Jy is sy geliefde kind, en Hy verheug Hom oor jou! Hierdie oordenkings is 'n uitnodiging vir jou om die volmaakte, verstommende natuur van jou hemelse Vader te leer ken. In sy liefde is daar geen spanning en geen vrees nie, want jy is in die palm van sy hand.
Alles Wat Ek Nodig Het
3 Dae
God gaan voor ons uit en beskerm ons van agter. Hy is alreeds besig om ons gevegte te hanteer. Hy kan sien wat in ons blindekol aangaan. Hy word nie deur onverwagse gebeure verras nie. Hierdie 3-dag leesplan sal jou bemoedig met die waarheid dat God die Voorsiener is van presies wat jy vir jou lewe nodig het.
Bekommernis oor Niks
3 Dae
Bekommernis is 'n dief wat ons tyd, energie en vrede steel. Waarom bekommer ons ons dan? In hierdie 3-dag leesplan, gaan ons na bekommernis kyk, waarom ons ons bekommer en hoe ons daarmee kan ophou.
Jesus, ek het U nodig!
3 Dae
Voel jy 'n diepe behoefte aan Jesus? Hierdie 3-dag leesplan oor gebed is ontwerp om jou alleentyd met Hom te verryk en jou te help om na Hom uit te roep. Dit dien ook as 'n begeleide gebed vir die agt-deel reeks "Jesus, ek het U nodig" deur Thistlebend Ministries.
Hou Op Om Bekommerd Te Wees
4 Dae
As jy lewe, het jy waarskynlik 'n stryd met bekommernis. Sommige mense is baie bekommerd, terwyl ander net soms toelaat dat kommer hul gedagtes in beslag neem. Dit maak nie saak hoe gereeld of hoe ongereeld dit is nie, dit is vir ons wys om te leer hoe om hierdie monster te hanteer wat ons toelaat om ons vrede te steel en ons geloof te kaap. Hierdie 4-dag leesplan help jou om dit te doen.
Vind Bevryding van Spanning
5 Dae
Spanning is 'n werklikheid, maar dit hoef nie jou lewe te beheer nie. Deur Christus kan ons dit hervorm, herfokus en herdefinieer. As jy met spanning sukkel, kyk na hierdie 5-dag leesplan en vind uit hoe om vryheid en vrede te verkry.
Gee vir God die Eerste Plek
5 dae
Om vir God die eerste plek in ons lewens te gee, is nie ‘n eenmalige gebeurtenis nie…dit is ‘n lewenslange proses vir elke Christen. Of jy nou nuut is in die geloof, en of jy nou alreeds ‘n “veteraan” volgeling van Christus is, jy gaan vind dat hierdie plan maklik is om te verstaan en te implimenteer, en dat dit ‘n hoogs effektiewe strategie is vir ‘n Christelike oorwinningslewe.
Skutrelings: Hoe Om Spyt In Jou Lewe Te Vermy
5 dae
Skutrelings word opgerig om te voorkom dat ons voertuie in gevaarlike of verbode gebiede ry. Dikwels sien ons hulle nie totdat ons hulle nodig het — en dan is ons dankbaar dat hulle daar is. Wat as ons skutrelings in ons verhoudings, finansies en loopbane gehad het? Hoe sou hulle lyk? Hoe kan hulle ons teen toekomstige berou beskerm? Oor die volgende vyf dae gaan ons kyk hoe jy persoonlike skutrelings kan opstel.
Angstig Oor Geld
5 Dae
Finansiële angs kom in ons lewens voor wanneer ons ongemaklik, senuweeagtig, bang of benoud oor ons finansies is. God wil nie hê dat ons finansieel onrustig of bang moet leef nie. In hierdie vyf dag leesplan sal ons verken wat die Bybel sê oor ons finansies, en praktiese stappe ontdek waarmee ons vorentoe kan beweeg.
Hantering van Onsekerheid
5 Dae
Voel die lewe buite beheer? Hoe beveg jy angs en vrees in 'n wisselvallige wêreld gevul met politieke, ekonomiese en sosiale onsekerheid? Hoe hou jy vas aan hoop en leef in moedigheid? Ontdek in hierdie 5-dag leesplan drie Bybelse maniere om moed te kry in die lig van onsekerheid, en leer hoe jy dit in jou daaglikse roetine kan opneem.
Treur met Oorgawe
6 Dae
Om te treur is 'n natuurlike deel van die lewe. Wanneer jy 'n geliefde verloor, kan die rouproses maar moeilik wees. Deur hierdie leesplan, praat Tony Evans vanuit sy hart oor die onlangse, skielike verlies van sy susterskind. Hierdie beginsels kan jou help leer hoe om met oorgawe te treur en genesing aan te gryp.
Wat Jesus Gesê Het Oor Geld en Fisiese Voorsiening
6 dae
Geld speel 'n baie groot rol in mense se lewens. In die lewe van baie mense speel dit 'n te groot rol. Hierdie leesplan wil 'n aantal riglyne gee oor hoe ons geld moet gebruik en God se versorging vir ons behoeftes.
Hoe Om Verhoudings Te Laat Werk
7 Dae
Hierdie leesplan sluit sewe daaglikse oordenkings in. Dit is gebaseer op Louie Giglio se studieplan “Relat(able): Making Relationships Work”. In hierdie leesplan gaan ons uitvind hoe ons aanklank vind by ander mense, hoe God vrede skep in 'n tyd van stryd, en hoe ons kan help om gebroke verhoudings wat skynbaar onherstelbaar is, te herstel.
Goddelike Leiding
7 Dae
Ons maak elke dag keuses wat ons lewensverhaal bepaal. Hoe sou jou lewe lyk as jy foutlose keuses kon maak? In die Goddelike Leiding-leesplan, moedig Craig Groeschel, die New York Times se topverkoper skrywer en senior pastoor van Life.Church, jou aan met sewe beginsels uit sy boek: "Divine Direction", om jou te help om Goddelike wysheid vir jou daaglikse besluite te vind. Ontdek die geestelike leiding wat jy nodig het om 'n storie wat God eer, uit te leef — een wat jy graag sal wil oorvertel.
Breek Vry Van Vergelyking: 'n 7-dag Leesplan Deur Anna Light
7 Dae
Jy weet God bied jou 'n oorvloediger lewe as die een wat jy nou leef, maar die hartseer waarheid is dat vergelyking jou weerhou om vorentoe te beweeg. In hierdie leesplan, onthul Anna Light insigte wat die skans sal verpletter wat deur vergelyking toegelaat word om jou vermoëns te belemmer. Dit sal jou help om die vry en oorvloedige lewe te leef wat God vir jou beplan het.
Reis Lig
7 Dae
In 'n besige Kersfeestyd ondervind die meeste van ons die spanning en angstigheid van gesinsverhoudings, finansiële druk, vinnige besluite en verwagtinge wat nie vervul word nie. Kom nou. Haal diep asem. Begin met hierdie leesplan van Life.Church en besef dat die las wat ons dra nie iets is wat God ons gegee het nie. Sal jy van die bagasie ontslae raak? Kom ons reis lig.
Wortel Voor Jou Neus
7 Dae
Ons jaag almal iets na. Gewoonlik is dit iets buite ons bereik — 'n beter werk, 'n geriefliker huis, 'n perfekte gesin of die goedkeuring van ander. Is dit nie baie uitputtend nie? Is daar 'n beter manier? Kom vind uit in hierdie nuwe leesplan van Life.Church, wat saamgaan met pastoor Craig Groeschel se reeks, "Chasing Carrots".
Oor Niks Bekommerd
7 dae
Wat as daar 'n beter manier is om te veg teen die eindelose bekommernisse wat jou snags wakker hou? Ware rus is beskikbaar — dalk nader as wat jy dink. Vervang paniek met vrede deur hierdie 7-dag leesplan van Life.Church wat deur Pastoor Craig Groeschel se boodskapreeks "Anxious for Nothing" vergesel word.
Besittings
7 Dae
Goeters. So dikwels kom dit voor asof ons lewens gedefinieër word deur wat ons besit. Hoe kan ons 'n balans vind met ons besittings? In hierdie leesplan deur finds.life.church, sal jy uit ander se ondervindings leer hoe hulle God sien werk het.
Goeie Nuus: Bemoediging vir 'n Wêreld in Krisis
7 Dae
Ons lewe in 'n ongekende tyd in die huidige COVID-19 pandemie. Waar kry ons hoop en goeie nuus te midde van die voortdurende stroom van slegte nuus? Vir volgelinge van Jesus is daar altyd goeie nuus. In hierdie 7-dag leesplan, gaan ons kyk na van die beloftes wat die Hemelse Vader vir ons gee en die geloof wat ons nodig het om op sy beloftes te staan.
Skep 'n Beter Normaal
7 Dae
Te midde van krisis en onsekerheid hunker baie van ons om terug te keer na normaal. Wat as dit egter tyd is om eerder 'n beter normaal te skep? In hierdie sewe dag leesplan sal ons ontdek hoe om op te hou om beheer te soek en eerder God te begin soek.
Hou die Kleingeld: Bestuur Jou Geld Verstandig
7 Dae
Geld kan 'n onderwerp wees wat ongemaklik is om te bespreek en moeilik is om te verstaan. Hoe ons ons geld aanwend kan egter bepaal hoe ons ons lewens deurbring. Hoe kan ons dan verseker dat ons God vereer en ander met ons finansies dien? In hierdie 7-dag leesplan, kyk ons na ware verhale van gewone mense wat leer hoe om beheer oor hul begrotings te neem en meer vrygewige lewens te lei.
Ek Het U Nodig!
7 dae
Dit is soms moeilik om die regte woorde te kry wanneer jy bid – veral wanneer die lewe uitdagend, swaar en net-te-veel voel! Hierdie sewe gebede deur Joanna Teigen uit haar gebedeboek 101 GEBEDE VIR VROUE sal vir jou nuwe inspirasie vir jou gesprekke met God gee wanneer jy sy krag en leiding die nodigste het.
Wen die Oorlog teen Bekommernis
7 Dae
Hierdie sewe-dag leesplan is gebaseer op Louie Giglio se boek, "Winning the War on Worry: Cultivate a Peaceful Heart and a Confident Mind". God is groter as vrees en alle verwante emosies — depressie, angs, paniek en bekommernis. As bekommernis 'n voortdurende deel van jou daaglikse lewe geword het, is dit tyd om die verhaal te verander en jou gedagtes deur die krag van Jesus te herskep.