Gratis leesplanne en oordenkings oor EFESIËRS 6:2

Wie Braai Jou Wors?
3 Dae
Die meeste mans hou van braai. Hoe goed braai jy egter geestelik die vleis in jou huis? Meer spesifiek, van wie verwag jy as pa om jou seunskind van manlikheid te leer? Hierdie Bybelstudie trek die treffende parallel tussen hoe om lekker te braai en jou seun vir die lewe voor te berei.

Bloedsuiers in Verhoudinge
5 Dae
Hulle dreineer jou vreugde, mors jou tyd en bederf jou pret, maar daar is 'n beter manier om na moeilike mense te kyk. Kom ons leer hoe om die verhoudings te genees wat ons lewens versuur. Maak gereed vir God om sy lewegewende werk te doen as jy hierdie nuwe Life.Church leesplan begin. Dit is deel van Pastoor Craig Groeschel se reeks: "Relational Vampires".

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?
7 Dae
Jesus het voor sy hemelvaart belowe dat ‘n nuwe bedeling tot met sy wederkoms gaan aanbreek. God die Heilige Gees gaan kom om in ons te woon en elke dag by ons te wees. Sedertdien het die Heilige Gees gekom as ons Parakleet (Helper/Voorspraak). Hy wil ons help om sonde te oorwin en om nuwe eienskappe soos liefde, vrede, blydskap, geduld en selfbeheersing te ontwikkel. Hy sal ons met krag toerus om getuies van Jesus te wees.

Ouers
7 Dae
Die verhouding met jou ouers, is nie altyd maklik nie — maar dit is belangrik. Ons is geroep om ons ouers te eer. In hierdie sewe-dag leesplan sal jy egter 'n Goddelike perspektief ontdek op die eerste verhouding wat jy ooit betree het. Vir meer inligting, kyk na find.life.church

Wat Jesus Gesê Het Oor Vaders en Moeders Wat Geestelike Wonde Veroorsaak
13 dae
Een van die grootste oorsake van geestelike pyn en invloed op 'n kind se lewe is sy pa en ma. Meer en meer verstaan ons deur navorsing dat beide die ouers se optrede 'n geweldige effek op hulle kinders het. Hierdie leesplan wil help om hierdie pyn te hanteer en te verduidelik wie God die Vader is.

21 Dae deur Efesiërs
21 Dae
Efesiërs is ryk aan waarhede oor God en sy reddingswerk in ons. Hierdie leesplan is ontwerp om jou te help om dieper in hierdie teks te delf, terwyl jy meer oor God en jouself leer. Die daaglikse ses-stap roetine sal jou help om 'n gewoonte te vestig om die Woord van God te lees en daarby betrokke te raak. Hierdie leesplan word verskaf deur die Christelike Standaard Bybel (CSB). Kom meer te wete by CSBible.com.