Gratis leesplanne en oordenkings oor EFESIËRS 4:26

Vyande van die Hart
5 Dae
Net soos `n fisiek ongesonde hart jou liggaam skade kan berokken, so kan `n emosioneel en geestelike ongesonde hart ook jou en jou verhoudings skade berokken. Laat toe dat Andy Stanley jou vir die volgende vyf dae help om selfondersoek te doen oor die vier algemene vyande van die hart — skuldgevoelens, woede, gierigheid en jaloesie — en jou leer hoe om daarvan ontslae te raak.

Geestelike Oorlogvoering
5 Dae
Deur middel van hierdie kragtige lering sal jy 'n dieper begrip kry van hoe om 'n strategie uit te werk waarmee jy die vyand kan uitoorlê en verslaan en so sy plan om jou lewe te vernietig, dwarsboom.

Vergewe Wat Jy Nie Kan Vergeet Nie: 'n 5-dag Uitdaging
5 dae
Het jy al ooit gevoel dat jy vasgevang is in 'n siklus van onopgeloste pyn of oortredings wat oor en oor in jou gedagtes afspeel? Jy weet jy kan nie so aangaan nie, maar wanneer jou hart verpletter is, lyk vergifnis na 'n onmoontlike versoek. Lysa TerKeurst verstaan ten diepste en nooi jou uit om by haar aan te sluit vir hierdie 5-dag leesplan uit haar nuwe boek "Forgiving What You Can’t Forget and to discover God’s healing gift".

Lewenslustig: 'n Lewe Die Moeite Werd Om Te Lewe
5 Dae
Elke persoon kan kies om lewenslustig te wees, en so 'n lewe begin deur Jesus te volg. Elke karakter eienskap wat ons geroep word om te koester, elke daad van goedhartigheid of liefde en elke woord van deernis of sagtheid is 'n refleksie van Christus binne ons. Ons word geroep om 'n lewenslustige wys-en-vertel te wees van wat God kan doen deur een eenvoudige persoon.

Die Gawe van Verwerping
5 Dae
Hierdie 5-dag leesplan, gebaseer op die wyd-bekroonde boek, "The Gift of Rejection" deur Nona Jones, sal jou op 'n kragtige reis neem om jou siening van verwerping te verander. Sy is 'n skrywer, prediker en YouVersion Wêreldwye Ambassadeur. Eerder as 'n pyn wat jy moet hanteer, word dit geopenbaar as 'n gawe om uit te leer. Bestel "The Gift of Rejection" vir dieper insig en studie, oral waar boeke aanlyn verkoop word!

Om Die Mense Wat Ons Seermaak Te Vergewe
7 Dae
Of jy aan emosionele of fisieke wonde ly, vergifnis is die hoeksteen van die Christelike lewe. Jesus Christus is op allerhande onregverdige en onwettige maniere behandel, selfs tot sy onregmatige dood toe. Tog het Hy in sy laaste ure die spottende dief aan die kruis en sy laksmanne vergewe.

Volg Die Leier, Word 'n Beter Dissipel
7 Dae
Verlossing gaan oor redding. Christenskap gaan oor gehoorsaamheid en die laasgenoemde is 'n bewys van die eersgenoemde (1 Johannes 2:3). Noem jy jouself 'n Christen? Volg dan vir Jesus. Gehoorsaam.

Hoe Om Deur Lyding Te Werk En Sterker Daaruit Te Kom
7 Dae
Elkeen van ons kan verseker weet dat ons die een of ander tyd in ons lewens lyding gaan ervaar. As ‘n berader het ek gesien hoe dié wat ly, verander word. Ek het gesien hoe diegene, wat eers deur trauma platgeslaan is, geleer het om blymoedig te ly. In hierdie kort oordenking bid ek dat jy sal besef dat jou storie nog nie klaar is nie. Jy mag dalk nou ly, maar jy kan leer om blymoedig te ly. In plaas daarvan om vasgevang te word in “Hoekom?”-vrae, kan jou vraag eerder “Wat is volgende?” wees. Jy kan veerkragtig word.

7 Stadiums van Verdriet na 'n Miskraam
7 Dae
Die hartseer wat op 'n miskraam volg, het die potensiaal om ons nader aan God te trek of verder van Hom te verwyder. Ons vyand, die Satan, wil ons diepste emosies gebruik om ons so ver moontlik van God af weg te lok as wat moontlik is. Net God kan die vrede en genesing bring waarna ons harte smag. Hierdie leesplan gaan die sewe stadiums van verdriet identifiseer en vroue lei om ware genesing in die Woord van God te vind.

Uit die Beek 2019
7 dae
Uit die Beek verskyn uit die pen van die bekroonde skrywer Barend Vos. Die tekskeuse vir elke dag is op die Revised Common Lectionary gebaseer. Mag hierdie jaar vir jou ’n besondere tyd van geestelike groei wees, sodat jy die Here sal leer ken soos Hy werklik is.

Die Huwelikskursus
7 Dae
Die huwelik is ontwerp as die naaste moontlike verhouding van toenemende intimiteit en onderlinge afhanklikheid, maar dit gebeur nie vanself nie. Ons moet aanhoudend daaraan werk om aan ons huwelik verbind te bly. Hierdie 7-dag leesplan wat aangepas is uit "The Marriage Course" geskryf deur Nicky and Sila Lee, het ten doel om vir jou die hulpmiddele te gee om 'n gesonde huwelik te bou en julle verbintenis te versterk — of te herstel as julle voel of julle dit verloor het.

Emosies
7 Dae
Die meeste van ons probeer ons emosies vermy of ignoreer. Ons mag selfs wonder of ons geloof en gevoelens nie dalk vyande is nie. Jesus het egter erge emosies gedurende sy tyd op aarde ervaar. Hy was nie van ons gedistansieer nie. Hy is by ons — selfs gedurende ons emosies. In hierdie sewe-dag leesplan, vergesel deur die Pastoor Craig Groeschel se reeks, "Emotions", gaan ons kyk hoe Jesus geleef het, om sodoende te ontdek hoe ons gevoelens moontlik ons geloof mag versterk.

Pa-wees saam met God
7 dae
Die lewe is so gejaagd en veeleisend en pa’s weet nie meer wat belangrik en wat prioriteit is nie. Elke pa behoort God se hart oor pa-wees te ken en te verstaan. Hierdie oordenkings sal jou motiveer om jou pa-wees met oorgawe te gaan leef. Dié 7-dag leesplan is saamgestel uit Johan Smith se boek, ’N PA VAN FORMAAT, en maak die Bybel prakties vir pa's.

Geen Aanstoot
7 Dae
Vanaf die nuutste nuushooftrekke tot die sosiale media kommentaar, elke dag is daar genoeg geleenthede om aanstoot te neem. Wat as ons besluit om anders te reageer? In hierdie 7-dag leesplan wat Pastoor Craig Groeschel se Geen Aanstoot reeks vergesel, sal ons leer hoe om die woede wat ons terughou en ander gevange neem, oor te gee.

Om Soos Jesus te Bid
7 Dae
Is jy gereed om jou gebedslewe te verdiep, maar nie seker hoe om te begin nie? Kom ons kyk van naderby na die instruksies in Matteus 6 wat Jesus oor gebed vir ons gee. Leer hoe om soos Jesus te bid met behulp van hierdie 7-dag leesplan van Pastoor Amy Groeschel.

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?
7 Dae
Jesus het voor sy hemelvaart belowe dat ‘n nuwe bedeling tot met sy wederkoms gaan aanbreek. God die Heilige Gees gaan kom om in ons te woon en elke dag by ons te wees. Sedertdien het die Heilige Gees gekom as ons Parakleet (Helper/Voorspraak). Hy wil ons help om sonde te oorwin en om nuwe eienskappe soos liefde, vrede, blydskap, geduld en selfbeheersing te ontwikkel. Hy sal ons met krag toerus om getuies van Jesus te wees.

Wat Jesus Oor Vergifnis Gesê Het
10 dae
Vergifnis is een van die belangrikste sake in die Skrif. Ons evangelie is 'n evangelie van vergifnis. God vergewe ons sonde. Jesus is ons Verlosser van sonde. As Christene sukkel ons egter dikwels om ander te vergewe. Hier word 'n aantal tipes vergifnis bespreek. Dieselfde Jesus Christus wil jou vry maak van jou probleem om te vergewe.

Sewe Sondes Wat Jou Lewe Sal Vernietig
14 dae
Hierdie sewe sondes en ingesteldhede is vernietigend — vir ons eie lewens en dit kan ook baie skade aan ander mense aanrig. Hierdie oordenking is baie belangrik vir ons almal, want die meeste mense het 'n stryd hiermee.

Rig jou Denke — Bewaak jou Hart — Hou jou Tong in Bedwang
21 Dae
Ons het almal al woorde "onder die invloed" van verwarrende gevoelens en benewelde denke geuiter. Baie gou het ons gewens dat ons die towerkrag gehad het om daardie woorde ongedaan te maak. Dis ons gedagtes en emosies wat bepaal watter woorde oor ons lippe kom. "Rig jou Denke — Bewaak jou Hart — Hou jou Tong in Bedwang" sal jou in staat stel om beheer te neem oor jou denke en gevoelens sodat jou woorde vol genade kan wees.

21 Dae deur Efesiërs
21 Dae
Efesiërs is ryk aan waarhede oor God en sy reddingswerk in ons. Hierdie leesplan is ontwerp om jou te help om dieper in hierdie teks te delf, terwyl jy meer oor God en jouself leer. Die daaglikse ses-stap roetine sal jou help om 'n gewoonte te vestig om die Woord van God te lees en daarby betrokke te raak. Hierdie leesplan word verskaf deur die Christelike Standaard Bybel (CSB). Kom meer te wete by CSBible.com.

Ons Daaglikse Reis: 'n 30-dae Stap Saam Met Jesus
30 Dae
Elke reis het voorrade nodig. Op die lewensreis is sommige van die beste voorrade God se Woord en 'n bietjie aanmoediging van vriende. Hierdie leesplan, "Ons Daaglikse Reis," behels 30 dae se oordenkings deur betroubare outeurs, wie se insigte 'n inspraak in jou lewe sal hê. Elke kort oordenking bevat 'n verhaal met verskeie meegaande Skrifverwysings en 'n "Volgende" afdeling om jou te help om in diepte na te dink oor wat jy gelees het. Benut jou stiltetyd ten beste met hierdie waarhede en bemoedigings uit "Ons Daaglikse Reis".

Vreugde In Alle Tydperke
30 Dae
Het jy al ooit gewonder: "Is dit moontlik om vreugde in alle tydperke van die lewe te ervaar?" Carol McLeod glo dat God geweldig baie vreugde tot jou beskikking het wat binne jou bereik is. In hierdie leesplan sal jy ontdek hoe om op God te vertrou wanneer die lewe nie regverdig is nie, hoe om die Skrif te oordink wat jou denke sal herskep en hoe om teleurstelling, te midde van onsekerheid, in 'n jubelende hart te verander.

Efesiërs
30 dae
Vanuit die pragtige hoogtes van wat God vir sy kinders wil hê, verduidelik die brief aan die Efesiërs hoe om in God se genade, vrede en liefde te wandel. Reis daagliks deur Efesiërs terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

Egskeiding tot Genesing: 31 Dae van Genesing en Heelwording
31 Dae
As dit by egskeiding kom, is God verreweg die enigste antwoord om volkome genesing te bereik. Deur hierdie leesplan deur te gaan, sal jy nader aan God beweeg, terwyl jy wysheid sal bekom oor hoe om jou emosies en gevoelens te hanteer gedurende hierdie vreeslike moeilike tyd. Sou jy kies om die 31 dae te herhaal, sal jy jou vordering kan opmerk, terwyl God verder aanhou om jou wonde te genees en jou beter berusting te laat vind.