NG Kerk Middelburg-Suid
Gesinsnagmaal 9 April 2020
Kyk op na Jesus
Locations & Times
Expand
  • Jou huis
    Thursday 6:00 PM

Boodskap en instelling van die nagmaal

Hierdie stroom sal beskikbaar wees vanaf 18:30 op 9 April

https://youtu.be/baph-mPPn1U

Bible app for kids: Die laaste Ete

Gaan laai gerus die Bible app For kids af. Installeer dit op jou selfoon of tablet. Stel dit in Afrikaans en laai die storie van die laaste Ete af. Kyk dit saam met die kinders en gesels daaroor. Daar is ook 'n aktiwiteit wat hulle kan doen. Die app is interaktief.

https://my.bible.com/af/kids

Kom ons bid voor die nagmaal

Gebed voor die nagmaal
Here, U het bloed gesweet in Getsemanie
En daarom weet ons U verstaan ons onsekerheid en vrees in hierdie tyd, want u het dit self ervaar
Daarna het U voortgegaan en U lewe gegee aan die kruis sodat ons verlos kan wees.
Here ons eer U as ons Verlosser.
Wanneer ons nou eet en drink word ons nou herinner aan ons verlossing,
Wil u nie ook die vrede wat alle verstand te bowe gaan en wat net U kan gee
in ons kom vestig nie?
Here kom gee ons ‘n visie vir ons wêreld en maak ons sterk in U Naam.
AMEN

Gebruik gerus die onderstaande links" en loof die Here

Lofprysing

Liefdeslied – Louis Brittz 

https://youtu.be/m303g9sypWE

Lofprysing

Above all – Michael W Smith 

https://youtu.be/Q7EPZV56PuA

Lofprysing

Nagmaalslied – Willie Joubert  

https://youtu.be/UvVc76QTq5E
PRAAT SAAM
Laat elkeen vir die gesin vertel wat vir hulle uitstaan van paasfees.
Wat staan vir julle uit van vandag se boodskap?
Skryf elkeen se gedagte neer in die notas
BESLUIT SAAM
Hoe verander daardie paar goed wat julle neergeskryf het die prentjie vir jou van Paasfees 2020?
Hoe kan ons as gelowiges floreer (teenoor oorleef) in ‘n tyd soos nou?
Wat is julle gesin se voornemens vir die res van die jaar?
Aankondigings en kontakbesonderhede
Expand
Kontakbesonderhede
Om in te skakel by die Watsapp broadcast groep, stoor 060 970 8277 in jou foon en stuur 'n boodskap na daardie nommer met jou naam en van en die woord "nuus". Enige ander navrae kan ook aan hierdie nommer gerig word.

Die Pastorale noodnommer is 072 387 5147 indien iemand telefoniese berading benodig.

Hou gereeld die webblad dop: www.midsuid.co.za

"Like" ons Facebook blad

Subscribe op die Youtube kanaal en klik op die klokkie om kennisgewings te ontvang.
Dankoffers
Expand
Indien jy graag jou dankoffer wil gee, kan jy gebruik maak van die bankbesonderhede:

NG Middelburg-Suid
ABSA Middelburg
Rek. nr. 1040580146

Maak gerus ook van die ZAPPER App gebruik